genoeg vir 1 koek

KOEKLAE

  • 290 g (250 ml) heuning
  • 200 g (250 ml) strooisuiker
  • 200 g (220 ml) botter
  • 6 groot eiers
  • 12,5 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 5 ml kaneel
  • 450 g (800 ml) koekmeel

VERSIERSEL

  • 300 g botter, in blokkies gesny
  • 130 g (250 ml) versiersuiker
  • 1 x 380 g-blik karamelkondensmelk

Verhit oond tot 180 °C. Voer 3 x 22 cm-losboompanne uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Plaas heuning, suiker en botter in elektriese menger se bak en verroom met mengspaan (K-beater). Voeg eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Sif res van bestanddele saam, gooi by heuningmengsel en meng goed. Skep 125 ml van die mengsel op ’n slag in koekpanne en bak 8-10 minute of tot die kleur liggoud is. Haal uit oond en laat paar minute afkoel. Verwyder uit panne en herhaal tot al die deeg op is – 8-9 lae. Laat goed afkoel. Versiersel Klits botter in elektriese menger tot lig en romerig. Voeg versiersuiker en kondensmelk by en klits goed. Neem een van die koeklae en maak fyn krummels daarvan in voedselverwerker. Plaas eerste koeklaag op opdienbord en smeer laag versiersel oor. Plaas tweede laag bo-op en smeer weer versiersel oor. Herhaal tot al die lae opgebruik is. Smeer boonste laag en kante van koek toe met oorblywende versiersel en sprinkel koekkrummels teen kante en bo-op koek. Plaas vir 3-4 uur in yskas. Sit voor.