(6 – 8 porsies)

  • 1 liter melk
  • 250 ml (1 koppie) arborio-rys
  • 60 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • skil van 4 lemoene
  • 200 g donkersjokolade, in stukke gebreek
  • 45 ml botter
  • ekstra suiker vir karamelkors

Plaas melk, rys, suiker, vanieljegeursel en lemoenskil saam in ’n middelslagpot. Bring tot kookpunt terwyl jy so elke 2 minute roer.Hou aan roer en kook tot mengsel dik en romerig is, sowat 20 – 25 minute. Proe of die rys sag en gaar is. Haal van plaat af en roer sjokolade en botter by. Laat staan mengsel vir 20 minute om verder te verdik. Verhit oond se rooster tot warm. Verdeel mengsel tussen poedingbakkies en sprinkel ’n dik lagie suiker oor elkeen. Plaas onder oond se warm rooster vir 5 – 10 minute of tot goue karamel-kors vorm. Sit warm voor met bessies van jou keuse.