20 ml olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

100 g gevlokte amandels

1 x 300 g-sak spinasie,

grofgesny

sout en varsgemaalde

swartpeper

kanola-olie vir bo-op verf

4 velle fillodeeg

4 x 60 g-salmporsies

4 eiers, gekook tot

medium-sag

Verhit olyfolie in groot braaipan. Voeg ui en knoffel by. Roerbraai 2 minute. Voeg amandels by en braai nog 1 minuut. Voeg spinasie by en roerbraai 5 – 8 minute of tot gaar. Geur met sout en peper. Plaas 1 vel fillodeeg op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Verf dun lagie kanolaolie op fillovel en vou in breedte in die helfte. Skep van 'n kwart van die spinasiemengsel in middel op gevoude vel en versprei eweredig. Plaas salmporsie bo-op spinasie, gevolg deur 1 eier. Geur goed met sout en peper. Vou fillovel toe: vou eers kort sykante bo-oor eier en dan ander twee kante onder die pastei in. Herhaal met res van vis en deeg. Verhit oond tot 180C. Bak 15 – 20 minute of tot goudbruin en bros. Sit warm voor met groenslaai van jou keuse.