(4 porsies)

  • 1 x 500 g-rol blaardeeg
  • 1 eier
  • 250 g spek
  • 6 groot bruinsampioene
  • 100 g bokmelkkaas
  • 45 ml olyfolie, en sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Sny blaardeeg in 'n 25 x 10 cm-blok. Gebruik oorblywende deeg en sny 2 cm-repe. Plaas repe om rand van deeg.Verf geklitste eier oor en sit in warm oond. Bak vir 15 minute of tot begin verbruin. Haal uit oond en plaas spek binne-in halfgaar kors. Sit sampioene bo-op, gevolg deur snye bokmelkkaas. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en swartpeper. Bak vir nog 15 minute of tot die kaas bruin en die sampioene gaar is.