vier 8 cm-quiches

  • 2 velle (400 g elk) blaardeeg
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • 100 g groen olywe, ontpit
  • 1 blik (106 g) sardientjies
  • 125 ml room
  • 2 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Voer gesmeerde quichepannetjies uit met blaardeeg. Rangskik olywe en sardientjies daarin. Klits room en eiers saam. Giet oor quiches. Geur met sout
en swartpeper. Bak vir 30 – 35 minute. Sit warm voor.