(6 – 8 porsies)

  • 1 x 410 g-blik KOO-koejawels
  • 110 g strooisuiker
  • 50 g strooisuiker
  • 70 g koekmeel
  • 100 g koue botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 80 g klapper
  • 100 g klapperskaafsels

Verhit oond tot 180 ºC. Meng koejawels en 110 g strooisuiker in ’n mengbak. Laat staan vir paar minute terwyl jy die krummeldeeg maak. Skep in ’n gesmeerde oondbak van 30 cm. Meng 50 g strooisuiker en meel in ’n mengbak. Vryf botter daarby in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg geursel by en meng goed. Voeg klapper by en meng. Skep mengsel bo-op die koejawels en sprinkel klapperskaafsels bo-oor. Bak vir sowat 40 minute tot bros en goudbruin. Sit voor saam met vla.