(4 – 6 porsies)

  • 1 kg kortrib-lamsribbetjies
  • 1 blik (410 g) Rhodes-perske-helftes
marinade

  • 250 ml tamatiepuree
  • 250 ml blatjang
  • 125 ml worcestersous
  • 60 ml sojasous
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap

Wenk Die sous sal jou bakplaat erg laat aanbrand en dit is baie moeilik om dit dan skoon te kry. Voer jou bakplaat met tinfoelie uit om dit te voorkom.

Plaas ribbetjies in ’n groot plat bak. Verpulp die perskeskywe. Meng al die bestanddele van die marinade en gooi oor ribbetjies. Meng sommer nou met jou hande en sorg dat die ribbetjies goed bedek is met die sous. Laat marineer vir 1 uur. Verhit oond tot 200 °C. Plaas ribbetjies op ’n groot bakplaat wat met tinfoelie uitgevoer is. Plaas in warm oond en rooster vir 1 uur. Draai die ribbetjies halfpad deur die gaarmaaktyd om.