(4 porsies)

  • 50 g (55 ml) botter, gesmelt
  • 60 g (75 ml) bruinsuiker
  • 1 x 410 g-blik KOO-perskeskywe
  • 2 eiers
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 50 g (55 ml) sagte botter
  • 120 g (215 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 20 g (50 ml) kakao
  • 75 ml melk

Verhit oond tot 180 °C. Verdeel die gesmelte botter in 4 groot ramekinbakkies en sprinkel die 60 g bruinsuiker daaroor. Rangskik perskeskywe bo-op die suiker. Klits eiers en suiker saam tot lig en romerig. Klits vanieljegeursel en sagte botter by die suiker-eiermengsel. Sif meel, bakpoeier, sout en kakao saam en voeg om die beurt met die melk by die suikermengsel. Skep die beslag oor die perskes en bak vir 40 minute. Haal uit die oond en laat vir ’n paar minute staan. Keer uit en sit warm voor.