(4 – 6 porsies)

  • 90 ml olyfolie
  • 400 g klein rosa-tamaties
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 olyf- ciabatta-brood
  • 250 g gerasperde mozzarella-kaas
  • 250 g dungesnyde ham, in groot stukke gebreek
  • 1x 425 g-blik Rhodes-pynappelringe
  • hand vol vars roket (opsioneel)

Verhit 60 ml van olyfolie in ’n pan. Voeg tamaties en knoffel by en braai tot tamaties bars en pap is – sowat 10 – 15 minute. Geur met sout en peper. Haal af en laat effens afkoel. Sny brood oorlangs in die helfte. Verhit die roosterelement van jou oond en rooster die brood tot net bruin. Verhit nou oond tot 220 °C. Verdeel tamaties en pak op brood. Sprinkel kaas oor tamaties. Sny pynappelringe in stukke. Rangskik ham en pynappel bo-op kaas en sit brood op bakplaat. Plaas in warm oond en bak vir sowat 5 – 10 minute tot kaas gesmelt is. Sit voor met vars roket.