(6 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 60 ml botter
  • 1 groot suurdeegbrood, growwe stukke gebreek (of enige ander brood van jou keuse)
  • 500 g gaar pasta van jou keuse
  • 250 ml basiliekruidpesto
  • 200 g vars mozzarella, growwe stukke gebreek
  • 1 x 410 g-blik KOO-perskesnye, gedreineer
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 g parmesaankaas, fyngerasper

Verhit olyfolie en botter tot warm in middelslag-pan. Plaas broodstukke in warm pan en braai tot goudbruin en bros. Plaas pasta in groot mengbak en voeg basiliekruid-pesto by. Meng goed. Voeg mozzarella, brood en perskesnye by. Meng versigtig met kombuistang en geur goed met sout en swartpeper. Plaas in opdien bak. Sprinkel parmesaan bo-oor. Sit voor.