(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 3 sprietuie, in groot stukke gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 hande vol Arborio-rys
  • 100 ml witwyn
  • 1 liter groente-aftreksel
  • 500 g langoestiene
  • gerasperde skil van halwe suurlemoen
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verwyder die dop van die helfte van die langoestiene en hou die ander helfte in hul doppe. Verhit die botter en olie saam in ’n pan. Voeg die gekapte spriet-uie en knoffel by en braai vir 1 minuut. Gooi die rys by en braai vir sowat 30 sekondes. Voeg die wyn by - en hou aan met roer totdat omtrent al die wyn geabsorbeer is. Voeg die aftreksel lepel vir lepel by en hou aan met roer. Die rys sal verdubbel in grootte. Gooi die langoestiene by net voordat die rys gaar is. Laat dit verder kook vir sowat 4 minute. Voeg die gerasperde suurlemoenskil by en sit dit onmiddellik voor.

Om te drink:
Cederberg Chenin Blanc is net die ding.