(sowat 12 - 14 stafies)

  • 480 g (860 ml) koekmeel
  • 200 g (415 ml) mielieblom
  • 60 g kakaopoeier
  • 500 g sagte botter
  • 200 g (240 ml) strooisuiker
  • 10 ml vanieljegeursel
  • ekstra strooisuiker

Verhit oond tot 160 °C. Sif koekmeel, mielieblom en kakao saam. Room botter, suiker en vanielje met 'n elektriese menger tot lig en romerig. Voeg die meelmengsel by en vou deur tot net gemeng.Voer 'n reghoekige losboom-tertpan van 30 cm lank met bakpapier uit en druk die deeg in die pan. Gebruik 'n vurk en verdeel in 12 stafies deur gaatjies tot op die bodem te druk. Sprinkel 'n dun lagie suiker oor. Bak vir 40 - 60 minute of tot gaar. Laat afkoel en sny met 'n skerp mes in porsies - al langs die vurkgaatjies.