6 porsies

  • 90 ml ongesoute botter
  • 100 g 70%-sjokolade
  • 2 eiers, geklits
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 92 g (165 ml) koekmeel
  • 125 ml makadamia-neute, grofgekap

Verhit oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantige bak van 20 x 15 cm. Smelt botter en sjokolade saam in die mikrogolf-oond of in ’n bak oor warm water. Voeg geklitste eiers by, en dan suiker en koekmeel. Meng goed maar liggies. Vou gekapte neute in en gooi in die gesmeerde bak. Bak vir 30 minute. Die koek moet bros bo-op wees, maar steeds sag in die middel. Laat afkoel en sny in blokke.

Witsjokolade-mousse

  • 200 ml room
  • 200 g witsjokolade

Smelt room en witsjokolade saam in ’n bak oor warm water. Haal van hitte af en laat vir minstens 1 uur in die yskas afkoel. Klits met ’n elektriese menger tot lig. Skep bo-op elke brownie.

Om te drink
Port. Boplaas, De Krans en Bredell s’n is altyd goeie keuses.