6 porsies   

3 x 200 g Toblerone-sjokolade
125 ml room
30 ml brandewyn
vars vrugte van jou keuse om saam voor te sit

Bring water in ’n groot kastrol tot net by kookpunt. Gebruik ’n glasbak wat bo-op die kastrol pas en breek die sjokolade daarin. Voeg die room en brandewyn by en laat die sjokolademengsel oor stadige hitte smelt. Roer so nou en dan. Wanneer als gesmelt is, gooi die mengsel in ’n bak van jou keuse en sit dadelik voor. Jy kan die vrugte op stokkies of fondue-vurkies voorsit.