(6 porsies)

  • 1 koppie (250 ml) witrys
  • 500 ml melk
  • 80 ml suiker
  • 5 ml sout
  • 1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap
  • 100 g witsjokolade, gekap skil en segmente van 2 lemoene
  • 1 eiergeel
  • 125 ml room
  • 100 g donkersjokolade, gekap
  • 125 g bessies van jou keuse
  • kakaopoeier vir oorsif

Sit rys,melk, suiker en sout in middelslagpot. Voeg vanieljesaadjies by en roer. Bring tot kookpunt oor lae hitte en hou aan roer vir 20 – 25 minute of tot roomsagte mengsel.

Verwyder van hitte en voeg witsjokolade en lemoenskil by. Roer tot sjokolade gesmelt is. Voeg eiergeel by en roer tot goed gemeng.

Bring room tot kookpunt en gooi oor donkersjokolade. Roer tot gladde mengsel.

Skep rysmengsel in opdienbak. Gooi donkersjokolade-mengsel oor en roer liggies deur. Sprinkel bessies en lemoensegmente oor.

Sif kakao oor en sit voor.