(1 terrien)

  • 2 eierwitte
  • 60 g strooisuiker
  • 250 ml room
  • 150 g witsjokolade,gesmelt
  • 150 g donkersjokolade, gesmelt
  • 1 Madeira-koek
  • 1 pakkie sjokolade-skulpe

Klits eierwitte tot sagte punte vorm terwyl jy die strooisuiker geleidelik byvoeg. Hou aan klits tot blink en styf. Hou eenkant terwyl jy die room tot sagte punte klits. Spuit 'n broodpan van 12 x 22 cm met kleefwerende kossproei. Vou helfte van die witsjokolade in die eierwitmengsel in, gevolg deur helfte van die room. Gooi in die pan en maak gelyk. Vou nou die res van die eierwitmengsel in die donkersjokolade in en voeg orige room by. Gooi bo-oor die witsjokolade-mousse. Sny die Madeira-koek in dun skyfies en plaas bo-op die donker mousse. Laat stol vir sowat 3 - 4 uur of oornag. Keer uit en versier met die sjokolade-skulpe.