(6 porsies)

  • 6 eiergele
  • 100 g (120 ml) suiker
  • 5 ml vanielje
  • 600 ml melk
  • 200 g witsjokolade, fyngekap
  • donkersjokolade-roomys

Plaas eiergele, suiker en vanielje in mengbak. Klits tot goed gemeng.Verhit melk in middelslag-pot tot net onder kookpunt. Gooi bo-oor eiergeelmengsel terwyl jy roer. Gooi mengsel terug in pot. Roer oor lae hitte met houtlepel tot mengsel die agterkant van die lepel bedek, sowat 10 – 12 minute.Moenie mengsel laat kook nie, want dit sal skif.

Gooi warmmengsel oor witsjokolade en roer tot glad. Sit sop voor met bolletjies sjokolade-roomys.