(8 - 10 kolwyntjies)

  • 100 g sagte botter
  • 100 g strooisuiker
  • 2 eiers, geklits
  • 100 g bruismeel, gesif
  • 125 ml sjokolade-splinters (chocolate chips)

Verhit jou oond tot 190 ºC. Voer ’n kolwyntjiepan met 8 - 10 papierbakkies uit. Klits die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die geklitste eiers geleidelik by. Klits goed. Vou die meel en sjokoladesplinters by die bottermengsel in. Skep die mengsel in die bakkies en plaas in die warm oond. Bak vir 15 - 20 minute. Haal uit en laat afkoel. Versier met die witsjokolade-ganache.

Witsjokolade-ganache

  • 200 ml room
  • 200 g wit sjokolade

Breek die sjokolade in stukke. Plaas saam met die room in ’n glasbak en sit bo-op ’n kastrol met warm water. Die glasbak moenie aan die water raak nie. Smelt die sjokolade en room saam. Haal af en laat afkoel in die yskas. Klits die ganache met ’n elektriese klitser tot lig en styf. Versier die kolwyntjies met die versiersuiker.