genoeg vir 8

    • 200 g vanieljekoekies
    • 80 g botter, gesmelt
    • 385 g-blik kondensmelk
    • 80 ml gouestroop
    • 20 g botter
    • 200 g donkersjokolade
    • hand vol sjokolade-vermicelli

    Maak koekies fyn in voedselverwerker en voeg 80 g botter by. Meng tot dit die tekstuur van klam seesand kry (voeg nog botter by as dit nodig is). Voer koekpan van 20 x 20 cm met bakpapier uit. Gooi krummels in pan en druk stewig op bodem vas met vingerpunte. Plaas kondensmelk, stroop en 20 g botter in middelslag-pot oor lae hitte. Roer tot mengsel kookpunt bereik. Hou aan roer en laat kook 8-10 minute tot ligte karamel vorm (soos koffie met melk). Gooi warm mengsel oor krummels en smeer gelyk. Laat stol 1 uur in yskas. Smelt sjokolade in glasbak oor kastrol met water. Moenie dat die bak aan die water raak nie. Gooi gesmelte sjokolade oor karamel, sprinkel vermicelli oor en laat stol weer in yskas. Keer uit en sny met skerp mes in blokkies.