6 – 8 porsies

• 180 g (325 ml) bruismeel

• 45 ml kakao

• 100 g (125 ml) suiker

• 200 ml melk

• 60 ml botter, gesmelt

Stroop

• 125 ml suiker

• 500 ml water

• 125 ml kakao

Verhit oond tot 180 °C. Meng bruismeel, kakao, suiker,melk en gesmelte botter saam tot gladde beslag. Bring res van suiker,water en kakao tot kookpunt. Skep beslag in ’n oondvaste bak met ’n volume van 1 liter. Gooi warm stroop oor en plaas in oond. Bak vir 20 – 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Sit warm voor.