(genoeg vir 8)

  • 750 g gemengde baba-tamaties, gehalveer
  • 1 hand vol vars basiliekruidblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 g halloumi-kaas, in 5 mm-dik repe gesny
  • 70 g (125 ml) koekmeel
  • 2 eiers, liggies geklits
  • 1 x 155 g-houer broodkrummels
  • sonneblomolie vir diepbraai

Sous

  • 60 ml olyfolie
  • 60 ml balsemasyn
  • sap en skil van 1 suurlemoen

Plaas tamaties en basilie in groot bak en geur goed met sout en swartpeper. Meng liggies. Meng al die sousbestanddele met draadklitser en gooi oor tamaties. Laat marineer vir 1 uur in yskas. Rol halloumi in koekmeel, dan in eier en laaste in krummels. Verhit sonneblomolie in middelslag-pot tot warm. Diepbraai halloumi vir 1 minuut of tot goudbruin en bros. Dreineer. Skep slaai in opdienbak en pak halloumi bo-op. Sit voor.