6 porsies

  • 4 hardgekookte eiers
  • 2 huisies vars knoffel, fyngedruk
  • 2 koppe botterblaarslaai
  • 100 ml olyfolie
  • 30 ml suurlemoensap
  • 100 g Parmesaan-kaas, gerasper

Elkeen gooi sout en vars gemaalde swartpeper na eie smaak oor. Was die blaarslaai goed af. Droog die blare deeglik af met kombuispapier. Druk die eiers met ’n vurk fyn. Sit die blare in ’n groot slaaibak en strooi die Parmesaan-kaas oor. Voeg die eier by en meng deur. Klits die olie, suurlemoensap en knoffel saam. Gooi die slaaisous oor die blare net voor jy dit opskep (die blare sal pap word as dit staan). Onthou, die kaas bevat reeds heelwat sout; hou jou hand lig met die soutpot.