• 400 g geel kersietamaties
  • 15 ml balsemasyn
  • 400 g groenbone
  • 2 camembert-kase
  • 15 ml olyfolie
  • 100 g ontpitte groen olywe
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Wenk
Jy kan die camembert-kaas met brie-kaas vervang.

Verhit jou oond tot 180 ºC. Sit kersietamaties in ’n oondbak en sprinkel die asyn oor. Geur met sout en swartpeper. Plaas in die warm oond en rooster vir sowat 20 minute totdat die tamaties net begin bars. Bring water in ’n kastrol tot kookpunt. Haal die kastrol van die hitte af en dompel die groenbone in die water. Laat staan vir 10 minute. Dreineer bone en hou warm. Sit die camembert-kase net voor opdiening in ’n oondbak en sprinkel olyfolie oor. Plaas in die warm oond vir net 4 minute. Rangskik die bestanddele op opdienborde en haal kaas uit die oond. Verdeel elke kaas in 3 en plaas ’n stuk kaas bo-op elke porsie. Sprinkel nog olyfolie oor en geur met swartpeper. Sit dadelik voor.