4 – 6 porsies

  • 500 ml water
  • 3 ml sout
  • 150 ml mieliemeel

Bring water en sout saam tot kookpunt in ’n kastrol. Meng mieliemeel met water tot ’n gladde pasta. Voeg mieliemeel-pasta by die water en roer heeltyd om klonte te voorkom. Verlaag hitte en maak toe met deksel. Laat staan vir so 10 minute voor jy dit voorsit.