Smeer die bakkies goed met botter of margarien. Gooi sowat ’n eetlepel meel in elke bakkie. Skud die bakkie totdat dit binne-in oral goed bedek is met die meel. Gooi die oortollige meel uit. Dié metode sal verseker dat jou gebak maklik uitkeer.