Rol deeg tot sowat 1 cm dik op 'n meelbestrooide oppervlak. Jy hoef glad nie presies te werk nie, die vorm van die pizza hang af van hoe jy dit verkies. Plaas pizza op bakplaat - maak seker dit pas in jou Weber voor jy begin. Smeer tamatie-smeersous op pizza met agterkant van lepel. Sprinkel kaas oor, gevolg deur res van bestanddele.                           
Maak seker jou kole is nie te warm nie. Om te toets, moet jy jou hand vir 10 tellings sowat 10 cm bo die rooster kan hou. Plaas pizza bo-op en sit deksel op.

Die deksel se luggate moet toe wees. Bak pizza vir 12 - 15 minute of langer tot kors gaar is. Om te kyk of die pizza gaar is, lig dit versigtig op met 'n eierspaan. Die onderkant behoort 'n goudbruin kleur te hê.

Het jy geweet?


Pizza - dit beteken "pastei" - het sy oorsprong in Egiptiese platbrode wat oor warm kole gebraai is. In Italië is dit tradisioneel net gemaak van bros gisdeeg wat met tamatiesous en mozzarella-kaas bedek is.

Bestanddele soos ham en pynappel is eers ná die Tweede Wêreldoorlog bygevoeg, toe Amerikaanse soldate wat van Italië teruggekeer het huis toe, vir hul mense van hierdie heerlike dis kom vertel het.