Ja, jy kan dit net so lekker soos ’n steakhouse gaarmaak. Die geheim is om dit eenvoudig te hou. 

Hoe maak ek vleis ryp?

Die rypmaakproses is ’n natuurlike manier om steak sag en geuriger te maak. Jy kan jou slagter vra vir vleis wat klaar rypgemaak is, of dit self rypmaak: Plaas die vleis op ’n bord met ’n skoon vadoek bo-oor. Los 2-3 dae in die yskas.

Moet ek marineer?

Nee wat. Ek dink die lewe is heeltemal te kort om vleis ure te laat marineer. Met steak is eenvoud dikwels die beste kok en as jy gehalte koop, is marinade nie nodig nie.

Maak só: Plaas die rou steak in ’n plat bak en gooi genoeg olyfolie oor die vleis om dit oraloor met ’n dun lagie te bedek. Druk 1 of 2 suurlemoene se sap daaroor uit en geur dan goed met sout en varsgemaalde swartpeper.

Hoe hanteer ek die verskillende snitte?

(En waar sit dit aan die bees?!)

KM_C308-20170324090056

A: Filet

Waar sit dit? Dié sagte, beenlose snit loop onder die rugstring verby. Dis baie mense se gunsteling, maar is ongelukkig nie die steak met die meeste smaak nie.

Wat moet ek weet? Sny altyd die sening langs die filet af – dit kan die vleis taai maak.

Hoe maak ek dit gaar? Perfek vir panbraai of oondrooster.

Skm1005.steak.filet

B: Sirloin

Waar sit dit? Dié snit kom uit die heup.

Wat moet ek weet? Die dik laag vet wat die vleis bedek, is kenmerkend van dié beenlose snit.

Hoe maak ek dit gaar? Vinnige gaarmaakmetodes is veral geskik, soos panbraai.

Skm1005.steak.sirloin

C: Rump

Waar sit dit? Dié snit kom uit die agterkwart.

Wat moet ek weet? Dit kan soms effens taai wees as dit nie verouder is nie.

Hoe maak ek dit gaar? Dit is ’n groot snit wat ideaal is vir droë gaarmaakmetodes soos panbraai of oor die kole rooster.

Skm1005.steak.rump

D: Rib-steak

Wat moet ek weet? Die gewildste steak en ook my gunsteling. Dis baie sag, word gekenmerk deur die vet wat dit marmeer (marbling) en het die meeste smaak.

Hoe maak ek dit gaar? Perfek vir vinnige gaarmaakmetodes en ideaal vir braai.

Skm1005.steak.rib-steak

E: T-beenskyf

Wat moet ek weet? Die meester van alle steaks – en gewoonlik die duurste. Dis ’n kombinasie van sirloin en rib-steak met die kenmerkende T-been tussenin.

Hoe maak ek dit gaar? Geskik vir panbraai of oor die kole rooster.

Skm1005steak.T-skyf

Hoe gaar is my vleis? ’n Maklike toets

Dié sjefstruuk kan jou help om te toets hoe gaar jou vleis is. Gebruik die dikste deel van jou handpalm, onder jou duim, as ’n riglyn en vergelyk dit met hoe jou steak voel. Druk op jou hand en dan op die vleis; só stel jy vas hoe gaar dit is.

Terwyl jy van (1) tot (5) op die illustrasies hieronder vorder, sal dié deel van jou handpalm ál fermer voel.

1. Rou vleis (dis nou soos hy van die slagter kom) is die sagste, en wanneer jou hand oop en ontspanne is, is dit hoe rou vleis sal voel.

2. Druk jou wysvinger en duim opmekaar. Die dik deel onder jou duim voel nou effens fermer. Dit is hoe ’n halfrou (rare) steak voel.

3. Druk nou jou middelvinger en duim opmekaar. Só voel vleis wat mediumrou (medium rare) is.

4. Nou is dit jou ringvinger en duim se beurt. Dit is medium.

5. Vir vleis wat gaar (well done) is, druk jou pinkie en duim opmekaar.

Hoe gaan is my vleis? Toets dit so

Jy sal geniet

Beesfilet met rooiwynsous

Sirloin aan die been met parys-botter

Voorrib-steaks met chimichurri-sous