• 2 rooi soetrissies, oondgerooster tot sag
  • 200 g songedroogde tamaties
  • 2 knoffelhuisies, grofgekap
  • 50 g gevlokte amandels
  • 50 g parmesaan-kaas, gerasper
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Trek die skille van geroosterde soetrissies af en verwyder al die sade. Plaas pulp saam met res van bestanddele in voedselverwerker en verwerk tot ’n gladde puree. Geur goed
met sout en swartpeper.