Hoe maak jy 'n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.


Songedroogte tamaties en fetakaas bruschetta

Vir dié kombinasie maak jy maar net letterlik die bottels en die bakkies oop. Sny die feta in skywe en sit dit op die bruschetta. Smeer ’n teelepel basiliepesto (wat jy klaar by ‘n deli kan koop) bo-oor. Sit 2 songedroogde tamaties op en rond af met ontpitte swart olywe (wat jy ook ontpit kan koop). Rond dit af met olyfolieen swartpeper.