Hoe maak jy 'n bruchetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.

Spaanse chorizo-wors en rooibone bruschetta
Sny 2 chorizo-worse in skywe. Sny 1 rooi ui in skywe en braai dit vir sowat 10 minute in olyfolie saam met die wors, 2 huisies knoffel (fyngedruk) en 5ml gekapte rissies. Voeg 1 blik rooibone by en roer deur tot warm. Gooi sowat 50ml olyfolie oor en laat dit afkoel. Jy kan dit ook warm eet. Moenie sout bygooi nie, want die wors is sout genoeg.