(4 porsies)

  • 1 pak spaghetti
  • 200 ml olyfolie
  • 2 takke roosmaryn (opsioneel)
  • handvol geskeurde basiliekruid
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 rooi brandrissies (kyk hieronder hoe Ruben die pitte uitkry)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g parmesaankaas, gerasper

Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pak. Terwyl die pasta kook, dompel die roosmaryn vir 2 minute in kookwater. Haal uit en kap baie fyn. Meng die res van die bestanddele, behalwe die parmesaankaas. Dreineer die pasta en meng deur met die sous. Sprinkel die parmesaankaas oor.

Sit voor saam met
’n Groenslaai en Franse brood

Ontpit ’n rissie soos Ruben
Stap 1

Rol die rissie met die lem van ’n mes (platkant) sodat die pitte kan loskom.

Stap 2
Sny die voorkant van die rissie oop. Rol die rugkant van die lem oor die rissie om die pitte na die oop kant te druk.

Stap 3
Skraap nou die pitte met die mes uit - dan kan jy die rissie opsny of kap.