(35 – 40 balle)

  • 45 ml olyfolie
  • 250 g spek, fyngekap
  • 100 ml botter
  • 45 ml koekmeel
  • 1 x basiese oond-aartappels, fyngedruk met aartappeldrukker
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g parmesaan-kaas, fyngerasper
  • ekstra koekmeel vir uitrol
  • 2 eiers, liggies geklits
  • 200 g fyn broodkrummels
  • olie vir diepbraai

Verhit olyfolie in middelslag-pot. Voeg spek by en braai tot goudbruin. Skep uit pot. Smelt botter in dieselfde pot. Voeg 45 ml meel by en roer tot gemeng. Hou aan roer vir 2 – 3 minute of tot mengsel begin verbruin. Voeg aartappels by en meng goed. Verwyder van hitte en voeg parmesaan en gaar spek by. Meng goed. Geur met sout en swartpeper. Laat afkoel tot hanteerbaar. Skep eetlepels vol van die mengsel en rol in balletjies. Rol elke balletjie eers in koekmeel, dan in eier en laastens in broodkrummels. Verhit olie tot warm oor matige hitte. Braai balletjies in warm olie vir 5 – 6 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer en sit warm voor.

Wenk
Maak dié klein happies en vries dit. As gaste onverwags opdaag, kan jy dit net vinnig in warm olie braai
tot goudbruin.