SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, wys jou stap vir stap hoe om jou eie paasbolletjies te maak ... heerlik!

12 – 14 bolletjies

• 250 ml warm melk

• 90 g (100 ml) botter, gesmelt

• 1 eier

• 65 g (80 ml) suiker

• 10 g sout

• 10 g kitsgis

• 15 ml fyn kaneel

• 15 ml gemengde speserye

• 500 g (890 ml) koekmeel

• 140 g (250 ml) rosyne

Kruise

• 60 ml meel

• 15 ml olie

• 30 ml water

Glaseersel

• 100 ml water

• 50 ml suiker

Stap 1

Verhit oond tot 180 °C. Meng melk, botter, eier, suiker en sout saam en voeg gis en speserye by. Voeg by meel en meng tot ’n stywe, kniebare deeg vorm. Knie vir 5  8 minute of tot deeg gladde voorkoms het.

Stap 2

Laat deeg op ’n warm plek rys tot dubbel die volume, sowat 1 uur. Voeg rosyne by en knie af tot rosyne ingemeng is. Laat weer rys tot dubbel die volume, sowat 30 – 45 minute.

Stap 3

Verdeel in gholfbalgrootte bolletjies (80 g) en plaas stewig teen mekaar in ’n broodpan. Laat rys tot dubbel die volume, weer sowat 30 – 45 minute.

Stap 4

Meng die bestanddele vir die kruise saam. Gebruik spuitsak en spuit kruise oor uitgepofte bolletjies. Bak 30 – 45 minute of tot goudbruin.

Stap 5

Kook die bestanddele vir die glaseersel saam vir 5 minute. Verf glaseersel oor die warm bolletjies en laat afkoel.

Jy sal ook geniet

Die beste knoffelbrood nóg!

VIDEO: Bier-en-biltongbrood

Botter-platbrood, oftewel roti’s!