(4 porsies)

  • 60 ml grondboontjiebotter
  • 60 ml kookwater
  • 30 ml sojasous
  • 30 ml Stork Culinesse vloeibare margarien
  • 300 g steurgarnale, uit die dop
  • 100 g mange tout-ertjies
  • 2 rooi soetrissies, in lang skywe gesny
  • 3 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
  • 200 g noedels
  • 1 rooi brandrissie, in skyfies gesny
  • 4 sprietuie, in skyfies gesny

1. Berei al jou bestanddele vóór jy begin roerbraai. Klits die grondboontjiebotter, kookwater en sojasous saam tot ’n gladde pasta. Hou eenkant.

2. Verhit die StorK Culinesse in ’n pan. Braai die steurgarnale, mange tout-ertjies, soetrissies en knoffel saam vir sowat 10 minute. Voeg die grondboontjiesous by en meng goed. Kook die noedels volgens die aanwysings op die pak.

3. Meng die noedels in die pan met die gebraaide bestanddele. Skep in bakkies en besprinkel met die brandrissie en sprietuie.