4 stokbrode

• 1 x 10 g-pakkie kitsgis

• 15 ml sout

• 15 ml heuning

• 15 ml olyfolie

• 300 ml water

• 500 g (875 ml) broodmeel

Meng gis, sout, heuning en olie in 'n groot mengbak met water. Voeg broodmeel geleidelik by terwyl jy meng met 'n houtlepel. Voeg genoeg meel by om 'n kniebare deeg te vorm. Knie vir 8 - 10 minute op 'n meelbestrooide oppervlak. Plaas deeg in 'n bak wat geolie is en draai toe met kleefplastiek. Laat rys op 'n warm plek tot dubbel die volume - sowat 30 minute. Verdeel deeg in 4 balle. Rol elke bal in 'n lang wors van sowat 30 cm. Draai in 'n spiraal om die punt van 'n dikkerige stok. Druk die voorste punt goed vas. Braai oor warm kole, sowat 30 cm weg, tot goudbruin en gaar - sowat 25 minute. Trek van stok af en eet met botter en konfyt.