genoeg vir 6

  • 500 ml fyn polenta
  • 15 ml gemengde gedroogde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 eiers, geklits
  • 6 stokvisfilette, ontdooi
  • 6 broodjies van jou keuse,
  • middeldeur gesny
  • 55 g (60 ml) sagte botter
  • 30 g slaaiblare van jou keuse
  • 1 wit-ui, in ringe gesny
  • 4 tamaties, in skywe gesny
  • sonneblomolie vir vlakbraai
  • 125 g-houer tartaresous

Meng polenta met kruie en geur goedmet sout en peper. Gooi geklitsteeier in plat bak en doop visfilette in eier. Bedek met polenta-krummels en herhaal die proses nog een keer. Sny broodjies in helfte en smeer

met botter. Verdeel slaaiblare tussen broodjies en pak op een helfte, gevolg deur paar skywe uie en tamatie. Verhit sonneblomolie in pan tot warm en vlakbraai die gekrummelde filette – sowat 5 – 8 minute per kant of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en plaas filette op broodjies met slaai. Skep tartaresous oor en plaas ander helfte van broodjie bo-op. Sit voor.