Hierdie gereg was altyd op my ma se tafel, met aartappelblokkies en ’n stukkie skaapvet, wat dit lekker romerig gemaak het. Die witpeper is die geheime bestanddeel.

genoeg vir 6 – 8

  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 2 uie, in repies gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 ml spek, grofgesny
  • 700 g kersietamaties, gehalveer
  • 500 ml witwyn
  • 400 g Franse groenbone
  • hand vol koljanderblare, fyngekap
  • sout en witpeper

Verhit olyfolie en botter tot warm in groot braaipan. Roerbraai uie, knoffel en spek 5 – 6 minute of tot goudbruin. Voeg tamaties en wyn by. Verlaag hitte en laat prut tot tamaties sag en pap is. Voeg groenbone by. BraaI 8 – 10 minute op lae hitte of tot groente gaar is. Roer koljander by. Geur goed met sout en witpeper. Sit warm voor.