4 – 6 porsies

  • 500 ml water
  • 3 ml sout
  • 10 ml botter
  • 225 g mieliemeel

Bring water, sout en botter saam tot kookpunt in ’n kastrol. Meng mieliemeel met ’n bietjie water tot ’n gladde pasta. Voeg mieliemeel-pasta by en roer tot pap gaar en dik is.