Streng gesproke is dit nie ’n pastei nie, maar vir my is die krakerige kos en veerligte skuim bo-op so goed soos ’n pastei – op ’n anderste manier.

6 – 8 porsies

• 280 g (500 ml) koekmeel

• 155 g botter

• 60 ml strooisuiker

• 45 ml yswater

• 125 ml suurlemoensap

• 190 ml room

• 3 eiers

• 160 g (190 ml) strooisuiker

• skil van 1 suurlemoen

MERINGUE

• 4 eierwitte

• 300 g strooisuiker

Verhit oond tot 160 ºC. Verwerk meel, botter en suiker in ’n voedselverwerker tot die tekstuur van growwe broodkrummels. Gooi yswater by en meng tot ’n bal vorm. Draai toe in kleefplastiek en verkoel vir 20 minute. Rol deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot 3 mm dik. Spuit ’n losboom-quichepan van 35 x 11 cmmet kleefwerende kossproei. Voer uit met deeg en sny die rande af. Laat rus in yskas vir 20 minute. Prik die deeg met ’n vurk en bak blind vir 10 minute of tot dit begin verkleur. Haal uit die oond en laat afkoel. Meng suurlemoensap, room, eiers, strooisuiker en skil saam. Gooi mengsel in tertkors en sit in warm oond. Bak vir 25 – 35 minute of tot net gestol. Laat afkoel in yskas tot yskoud.

Meringue Klits eierwitte tot stywe punte en voeg strooisuiker stadig by. Hou aan klits tot blink. Skep meringue bo-op en brand bruin met kombuisblaasvlam. Pak in.