(8 – 10 porsies)

• 600 g botter
• 600 g (750 ml) strooisuiker
• 12 eiers
• 600 g (1 070 ml) bruismeel

Vir Suurlemoen-room
• 1 x 10 g-sakkie gelatien
• 30 ml koue water
• 300 ml suurlemoensap
• 120 g suiker
• 200 g botter, gesmelt
• 8 eiers, geskei
• 2 heel eiers
• 200 g strooisuiker

Verhit oond tot 180 °C. Room botter en strooisuiker in elektriese menger. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meel by en meng goed. Verdeel mengsel tussen 3 losboom-panne van 30 cm wat met bakpapier uitgevoer is en met kleefwerende kossproei gespuit is. Plaas in oond en bak 25 – 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Maak suurlemoen-room Week gelatien in koue water tot sponserig. Meng
suurlemoensap, suiker, botter, eiergele en heel eiers saam. Plaas mengsel in skoon pot. Verhit oor lae hitte en roer met houtlepel tot mengsel dik en romerig is, sowat 10 – 15 minute. Mengsel is reg as dit die agterkant van ’n houtlepel bedek. Voeg geweekte gelatien by, roer tot gesmelt en hou eenkant. Gebruik skerp mes en sny elke koek in twee lae. Sny bokant van koek reguit af indien dit skeef gerys het. Plaas losboompan se ring op bord, maak pan se kante hoër deur bakpapier in 3 lae om ring te draai
en stewig vas te bind met kombuistou. Plaas eerste laag koek onderin pan direk op bord. Sodra suurlemoen-mengsel dik en amper gestol is, maar steeds vloeibaar, gooi dun lagie bo-op koek. Plaas tweede koek bo-op en herhaal die lae tot al die koek opgebruik is. Plaas in yskas en laat stol. Klits eierwitte tot stywe punte vorm en gooi strooisuiker stadig by. Hou aan klits tot blink. Verwyder bakpapier en haal ring versigtig af. Skep meringue bo-op en brand bruin met kombuisblaasvlam. Sit voor.