(6 porsies)

  • 1 x 500 g-rol broskorsdeeg
  • 125 ml suurlemoensap (sowat 5 suurlemoene)
  • 190 ml room
  • 3 eiers
  • 160 g (190 ml) strooisuiker
  • skil van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 160 °C.

Voer ’n tertpan van 35 x 11 cmmet broskors uit.

Bak blind vir 10 minute of tot kors begin verkleur. Haal uit oond en laat afkoel.

Meng suurlemoensap, room, eiers, strooisuiker en skil. Gooi mengsel in tertkors en plaas in warm oond. Bak vir 25 – 35 minute of tot net gestol. Laat afkoel in yskas tot yskoud. 

Sprinkel dun lagie strooisuiker oor en brand bruin met kombuisvlam of verbruin onder

oondrooster.

Sit voor met espresso.