• 250 ml strooisuiker
  • fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 60 ml botter, saggemaak
  • 3 eiers
  • 375 ml bruismeel
  • 15 ml papawersaad
  • 250 ml suurroom
  • sap van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 180°C. Voer ’n mediumgroot losboompan met bakpapier uit en smeer dit. Kombineer suiker, suurlemoenskil, botter en eiers in ’n mengbak.

Meng met elektriese menger tot lig van kleur en donsig. Vou meel en papawersaad in.

Roer suurroom deur. Gooi oor in pan en bak vir 50 minute. Haal uit die oond en gooi suurlemoensap oor die warm koek. Laat afkoel.

Sit voor met ’n mengsel van vars room, geklits tot sagte punte vorm, en mascarpone, wat jy effens versoet.