(10 porsies)

  • 12 sjokolade-muffins (koop klaar gebakte muffins)
  • 2 blikkies ontpitte swartkersies
  • 500 g roomkaas
  • 2 blikke kondensmelk
  • sap van 1 suurlemoen
  • 125ml brandewyn
  • 500 ml room
  • Whispers-sjokoladeballetjies vir versiering
  • versiersuiker om oor te sif
  • kruisementblare

Sny die sjokolade-muffins in die helfte. Dreineer die kersies. Meng die roomkaas en kondensmelk goed en voeg die suurlemoensap by.  Pak ’n laag sjokolade-muffins in ’n groot bak of glase. Gooi van die brandewyn oor die muffins. Gooi ’n laag roomkaasmengsel oor die muffins en pak dan ’n laag kersies. Herhaal dié proses. Klop room styf en skep heel bo-op. Versier met die Whispers (niemand is tog lus om sjokolade-krulle te maak nie), en sif versiersuiker oor. Druk kruisementblaartjies in vir die mooi.