(12 lekkers)

• 200 g donkersjokolade, gesmelt
• 8 gelatien-velle (kyk by jou supermark se gebak-afdeling)
• 200 ml koue water
• 400 g (480 ml) strooisuiker
• 100 ml warm water
• 2 ml sout
• 30 ml haselneut-likeur of 10 ml vanieljegeursel
• 10 g haselneute, gekap
• 10 ml pienk koskleursel
• 12 karamelgeur Marie-koekies

Verf die holtes van 6 silikoon-vorms met sjokolade en laat stol in vrieskas. Hou so aan tot jy die vorm met 5 lae sjokolade bedek het. Week gelatien in 200 ml koue water tot sag. Plaas bakkie met water en sagte gelatien in mikrogolfoond en verhit tot gesmelt. Plaas gesmelte gelatien in ’n elektriese menger. Gooi strooisuiker en 100 ml warmwater in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is. Kook suikerstroop tot sowat 120 °C op ’n suikertermometer. (As jy nie een het nie: Dis gewoonlik reg sodra die buiterand van die suikerstroop van kleur verander.) Sit menger aan en gooi warm stroop in ’n dun straaltjie by.Voeg sout en likeur by.Klits vir 12 – 15 minute teen hoë spoed of tot die mengsel blink
en stywe punte vorm.Voeg gekapte neute en kleursel by.Verdeel mengsel tussen sjokolade-holtes en plaas ’n Marie-koekie bo-op elkeen.Smeer res van sjokolade bo-oor om koekie te bedek. Laat stol in yskas vir 20 – 30 minute.Keer versigtig uit. Sit voor, of draai in bakpapier toe en gee dit as geskenke.