(2 porsies)

Kook 8 minute
Afronding 5 minute

  • sowat 250 g tagliatelle-pasta
  • 2 eetlepels basiliekruid-pesto
  • 120 g sagte mozzarella-kaasballetjies
  • 200 g kersietamaties, in die helfte gesny
  • olyfolie om oor te sprinkel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Bring ’n groot kastrol met water tot kookpunt. Gooi die pasta in. Dreineer wanneer jou pasta gaar is. Meng die pesto, gehalveerde tamaties en mozzarella-kaas deur die pasta. Sit voor in pastaborde en sprinkel met nog olyfolie indien nodig. Geur met sout en swartpeper.