(6 porsies)

  • 30 g roket
  • 250 g mascarpone-kaas
  • gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 150 g parmesaankaas, gerasper
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 500 g tagliatelle-pasta
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Kap die roket grof - nie in klein stukkies nie. Meng die mascarpone-kaas in ’n bak saam met die suurlemoenskil, roket, helfte van die parmesaankaas en knoffel. Geur met sout en swartpeper. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en skep die mascarpone-sous bo-op. Sprinkel die gebraaide krummels bo-op en sit voor saammet die res van die parmesaankaas.


Gebraaide broodkrummels

  • 1 ciabatta-brood, grofgekap
  • 200 ml olyfolie
  • 6 knoffelhuisies
  • 3 eetlepels fyngekapte tiemie

Verhit olyfolie in ’n pan. Voeg knoffelhuisies by. Braai vir sowat 1 minuut. Voeg broodkrummels by en braai goudbruin. Voeg tiemie by. Meng goed en dreineer op kombuispapier.