(6 porsies)

  • 1,2 kg ryp, vars tamaties
  • 1 kg lamsribbetjie (van die been afgesny)
  • meel
  • sonneblomolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 preie, gesny
  • 2 ml fyn gemmer
  • 3 kardemomsade
  • 5 ml koljandersade
  • 6 peperkorrels 
  • 7 ml vinkelsade
  • 7 ml droë tiemie 
  • 3 huisies knoffel
  • 1 rooi brandrissie 
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 
  • 200 ml witwyn
  • 15 ml blatjang
  • 15 ml suiker

Dompel die tamaties in kookwater. Laat staan vir so 3 minute. Verwyder die skil en sny in kwarte. Sny die ribbetjie in blokke van sowat 4 cm en bedek met meel. Verhit die sonneblomolie in ’n
groot kasserol. Braai die ribbetjie mooi bruin. Voeg nou die ui en preie by en braai ook lekker bruin. Kap die gemmer, kardemom, koljander, peper, vinkel, tiemie, knoffel en brandrissie saam tot ’n pasta in ’n vysel. Gooi die pasta by die vleis en meng goed. Voeg die tamaties by en geur met sout en swartpeper. Sit nou in ’n matige oond teen 160 °C vir 7 uur. (Ja, 7 uur!) Roer elke nou en dan. Voeg die wyn, blatjang en suiker by net voor jy dit voorsit. Geniet!