(sowat 400 ml)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 x 30 g-blik tamatiepuree
  • 1 x 400 g-blik tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olie tot warm in 'n mediumgroot pot. Voeg ui en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute. Voeg tamatiepuree en blik tamaties by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 12 - 15 minute. Geur
goed met sout en swartpeper.