• 1 knoffelhuisie, skoongemaak en in kwarte gesny
  • 2 kg konfyttamaties, in lengte deur gesny
  • 125 ml olyfolie
  • 2 takkies roosmaryn
  • 25 ml bruinsuiker
  • 2 uie, fyngekap
  • 1 selderystingel, fyngekap
  • 2 brandrissies, fyngekap
  • sout en peper na smaak

Verhit jou oond tot 150 °C. Druk 'n kwart stukkie knoffel in elk van 4 tamaties en plaas al die tamaties in 'n oondpan. Gooi olyfolie oor en plaas roosmaryntakkies ook in pan. Bak in die oond vir sowat 1 uur teen 150 °C. Laat tamaties effens afkoel en trek skilletjies af. Gooi die olyfolie waarin die tamaties gebak is, en die bruinsuiker, in 'n kastrol en braai die uie, seldery en brandrissies daarin tot gekaramelliseer. Gooi nou die tamaties, sout en peper by en braai vir 10 na 15 minute oor matige hitte.

Gebruike

1.    Vir tamatiesop, plaas tamatiesmoor in 'n voedselverwerker en gooi 'n bietjie suurroom en fyngekapte pietersielie oor.
2.    Saam met pasta gooi ek 1 lepel kappertjiesaad, 2 lepels gekapte olywe en 1 blikkie gekapte ansjovis by.
3.    Die basiese resep gebruik ek gewoonlik net so by 'n braaivleis saam met pap in enige vorm, of oor kapokaartappels en frikkadelle.