4 – 6 porsies

  • 250 ml water
  • 250 ml melk
  • 1 ml sout
  • 150 ml volkoringmeel

Bring water, melk en sout tot kookpunt in ’n kastrol. Meng volkoringmeel met ’n bietjie water om ’n gladde pasta te vorm. Voeg by warm melk en roer om klonte te vermy. Verlaag hitte en maak toe met deksel. Laat staan vir sowat 15 minute voor jy dit voorsit met warm melk, suiker en botter.